Skip to main content

Posts

Showing posts from October, 2013

Spaar 'n gedagte...

Sanral het wraggies nou sy beste skrikmaakmasker opgesit maar, blykbaar is daar meer mense wat geskrik het vir Elsabe Zietsman toe sy haar klere begin uittrek het as vir hierdie patetiese spul. Sien, die nuutste is dat as jy onder een van Sentraal Transvaal se nuwe diskoligte deurry, en die enigste skyfies in jou motor is slap skyfies, Simba-skyfies of jou lisensieskyfie, dan begin die tyd aftel. Die bewering is dat jy dan onder druk behoort te verkeer omdat jy net sewe dae het om die rekening te betaal! Maar spaar ‘n gedagte vir arme Siphiwe wat met die rekeninge werk. Die probleem is dat jy nie weet wat jou rekening is nie, so die druk is op Siphiwe om die rekening by jou te kry binne sewe dae, maar die probleme is legio. Eerstens leef ons in ‘n land waar die onderwysers (wat grade verwerf het by universiteite…wel sommige van hulle) nou toetse moet skryf om hul bevoegdheid in hul eie vakke te bewys. Hoe goed kan Siphiwe se opleiding dan wees, wat aangestel is op grond van sy