Skip to main content

Spaar 'n gedagte...

Sanral het wraggies nou sy beste skrikmaakmasker opgesit maar, blykbaar is daar meer mense wat geskrik het vir Elsabe Zietsman toe sy haar klere begin uittrek het as vir hierdie patetiese spul.

Sien, die nuutste is dat as jy onder een van Sentraal Transvaal se nuwe diskoligte deurry, en die enigste skyfies in jou motor is slap skyfies, Simba-skyfies of jou lisensieskyfie, dan begin die tyd aftel.

Die bewering is dat jy dan onder druk behoort te verkeer omdat jy net sewe dae het om die rekening te betaal! Maar spaar ‘n gedagte vir arme Siphiwe wat met die rekeninge werk. Die probleem is dat jy nie weet wat jou rekening is nie, so die druk is op Siphiwe om die rekening by jou te kry binne sewe dae, maar die probleme is legio.

Eerstens leef ons in ‘n land waar die onderwysers (wat grade verwerf het by universiteite…wel sommige van hulle) nou toetse moet skryf om hul bevoegdheid in hul eie vakke te bewys.

Hoe goed kan Siphiwe se opleiding dan wees, wat aangestel is op grond van sy Bar-one skakering ten spyte daarvan dat hy die kwaliteitbeheer toets gedruip het by die Cadbury fabriek!

Tweedens bevat elke sewe dae ‘n Saterdag, Sondag en ‘n loslit-ek-dra-my-springbok-trui-en-doen-niks-nie Vrydag.

Derdens neem dit die land se posdiens drie dae om elke brief te kry, te sorteer, oop te stoom om te kyk of hulle iets kan steel, weer toe te Pritt en dan by die verkeerde plek af te lewer.

Vierdens gaan die persoon aan wie dit gerig is, kom ons noem hom maar Hoofsweep Tollie Weiers, die ding in die asblik gooi as dit nie per geregistreerde pos is nie.

Dit laat Siphiwe met een dag, minus sy eerste teebreuk, sy rookbreuk, tweede teebreuk, sy middagnando’s breuk, sy middagtee breuk en sy middagrookbreuk, waarin hy die rekenaar moet ontsyfer, die die taxi’s moet uitsif wat vrygestel is van e-tjol, die Milkiebar’s moet identifiseer en dan hul rekening van R2-30 (vir die ou wat net van Lynwood tot Atterburylaan op die snelweg was) per geregistreerde pos teen ‘n koste van R14-50 vir hul aanstuur.

As hulle dit regkry en jy nie betaal nie, kan hulle jou hof toe sleep, want die howe is vanweë die lae misdaadsyfer gelukkig totaal onderbenut en glad nie vol nie!

As jy dink jy word onder druk geplaas, dink aan arme Siphiwe!

 

Comments

Popular posts from this blog

Acts Online – Home

For thoes South Africans, that feel that they are continuously taken advantage of, by business, government, and well-meaning but misinformed family members and friends, here is an online resource where you can have a look at the different Acts on the South African books. Acts Online – Home : ‘via Blog this.'

Manta ray breached

This is the first time I've seen a manta ray breaching. Nature channels are full of whales, dolphins and sharks, to name just a few, but never the devil fish!

Suicide

Suicide Shocking! Misunderstood. Illness. Deviation. Problem. Many words describe what first flows through your mind when you hear the word. In this week I had been confronted with the reality of it, or rather and attempt at it. A family member of a colleague had been under treatment for bi-polar disorder and had taken an overdose of her medication. Luckily the attempt was just that and the quick actions of people in this persons life saved it. I remember going ice cold. Like a part of the arctic was pushed into my core. Several years ago, I had suffered from severe depression. To the point where taking my own life was not something to be feared, but sought. Anything to just feel again. It is hard to describe to anyone the feeling of not feeling. It’s much the same as explaining the concept of a world where God is not present to someone that devoutly believes. You just cannot fathom the depth of despair when you cannot feel joy again. Everyone is used to these emotions in their live...